Login with your username and password              | 
Hare, karre en answers PDF Print E-mail
Written by Marlon 'Mr Sir' Johnson   
Tuesday, 11 May 2010 19:44
Bennie van Bulte het so pas sy drivers liksens by Centurion gekry en besluit om met sy pa te gesels oor 'n Golf Chico.

Sy pa besluit om hom 'n fair deal te cut: "Raait, seun – bring jou skoolwerk op van 'n D na 'n C toe, lees bybel en sny jou takhare af. Dan kan ons praat oor die Golfie"

Die laitie besluit dis fair genoeg en stem in tot die voorwaardes.

So ses weke later tune die oom sy seun: "Bennie, ek check jou skoolwerk het verbeter en ek vang jou so nou en dan bybel lees, maar daai hare moet nog steeds waai of jy kry nie jou kar nie"

Bennie antwoord sy pa: "Ek so bietjie daaroor gedink. Baie ouens in die bybel het langhare gehad – Johannes die doper, Simson en blykbaar Jesus ook."

Sy pa tune hom: "Het jy ook gecheck dat Jesus orals heen moes loop waar hy wou kom?"
Last Updated on Thursday, 20 May 2010 10:21