DIE DAG TOE RIEMVASMAAK HULLE RIEME VASGEMAAK HET.

DIE DAG TOE RIEMVASMAAK HULLE RIEME VASGEMAAK HET.

E-mail
Wednesday, 05 May 2010 14:10

[Moet nie dink dis net in die Darkie kassies waar mense moerig begin raak oor die feit dat hulle gemarginalise en gesideline word nie. Even onse eie mense raak meer en meer diebliksem in dat hulle altyd laaste moet kom... soos in Eden Park nou die dag! Hiesie storie met die hele pictures van wat die feite oppie grond is - Ed]

Die eerste ding wat  die joernalis wou weet voordat hy sou uitkom om die storie te doen was: “Brand daar al iets?” Ten tye van hierdie oproep was daar nog niks wat gebrand het nie en dus was daar niks noemenswaardig omtrent hierdie ‘vreedsame’ optog nie. ‘n Optog wat wel later sou ontaard in alles behalwe vreedsaam.

Die gevolg van hierdie nonchalante houding van baie, nie net hierdie spesifieke joernalis nie, is dat daar nie veel media dekking was oor die gebeure van 15 April 2010 in die klein dorpie van Eden Park aan die Oos Rand nie. Party mense het dit toegeskryf aan die feit dat ‘’ons’’ (kleurlingmense) mos maar in elk geval nooit kop toe gevat word nie.

Een van die artikels wat wel gepubliseer was diè in Daily Sun (aangeheg). Dit ontbreek erg aan feitlike inligting. In die artikel word byvoorbeeld genoem dat niemend beseer was tydens die optog, terwyl daar wel mense was (ten minste vyf) wat in die voorval beserings opgedoen het. Hulle is na omliggende hospitale geneem waar hulle behandeling ontvang het. (Vind aangeheg foto’s sowel as‘n verklaring van‘n ooggetuie wat gesien het hoe polisie gebruik gemaak het van lewendige ammunisie en nie rubberkoeëls soos voorheen aangevoer nie.)

Reg aan die begin word daar genoem dat inwoners onwettig hierdie RDP huise bewoon, maar niks word genoem van hoe lank hierdie mense se name op ‘n waglys was vir hierdie huise nie. Dit is ook onduidelik of al hierdie mense wel onwettige bewoners is.

Please register or login to read more...
Last Updated on Wednesday, 05 May 2010 14:31
 

Meet ons op anner pozzis

facebook_lg

twitter_lg

SABC_Petition

b4l_logo