Vannie anner goeters...
Things only Kullid mothers say
Don’t pull your face, its gonna stay like that Het jy ornamente an daai kop ... wat is die huh? … wat is die? … (while turning your ears)...
Die Parable vannie Honne
Kykie, honne like nie karre wat ry nie. Honne kan somme daai kar jag en try vang. Even ‘n bicycle of motorbike wat ry, honne like dit niks nie. Hulle jag daai moving vehicle offit
Mense wat my impress: 1 - Alexander die Grootste Poephol
Verwoerd was die stupid-ste donner wat daar nog kon gewees het... Hy en sy mense het dan so heavy in die Bybel geglo. Hoekom het hy nie die Salomo move ge-try nie. Trou sommer met ‘n Sotho lady, vat ‘n Zoeloe princess as nog ‘n vrou, vat ‘n jong Tswana dame en nie lank nie of almal is ge-pacify. Soos ek gese het, jislaaik, was dit ekke… sou somme die Xhosas en die Indians
| Die Parable vannie Honne |
|
|
|
| Written by Kullid Kullids |
| Saturday, 06 February 2010 13:02 |
Man het mos honne innie rondte. Nou, honne het sekere maniere. Ek kyk hulle ma so en ek study hulle. En ek study ook mense. Toe relate ek ‘n sekere relation wat djy kan impose op honne en mense… en karre.Kykie, honne like nie karre wat ry nie. Honne kan somme daai kar jag en try vang. Even ‘n bicycle of motorbike wat ry, honne like dit niks nie. Hulle jag daai moving vehicle offit nou ‘n kar, ‘n bike offe bicycle is… Hulle wil die ding vang, byt, doodmaak en opvreet!!! Maar laat daai selle kar, bike of bicycle gepark is, dan wat maak die honne…? Hulle tune in hulle gedagtes: Hys in onse territory, hys in onse domain, hy is ge-subdue, hy is dood en sat, en dan wat doen die honne?…Hulle gaan en pis oppie ding se wiele…!!! En so is die lewe… checkit mooi uit! As jy move en iewers heen gaan in jou lewe, dan gaan daar honne wees wat djou niks sal like nie. Hulle gaan jou hunt. Hulle sal wil he djy moet tot stilstand gebring word. Hulle gaan langs jou try run en hard blaf. Hulle wil djou disorientate en djou vision van djou af steel. Dis daai soorte wat djou sal bang praat oor varsity, wat djou sal invite vir tydmors missions, daais wat nie wil sien jy gaan vorentoe nie. Hulle sal skinder van jou. Hulle gaan jou slegpraat en djou try discourage. Slegte honne daai, hulle soek die dood van jou vision en jou planne. Move aan! Moenie stop nie, cause issie lank nie, dan is daai honne moeg gehol en gee hulle op en djy is vry van hulle geblaf en tanne en negativity! Move, al is djou planne klein, al ry djy oppe bicycle… Move! Move met djou bike of kar, moenie laat daai honne djou vang met drugs en rondslapery en temporary bling of unsubstantiated criticism en al daai balf jazz nie. Gaan vir jou vision! Cause djy sien, die minute djy gaan stop, weet djy wat gaan daai honne doen? Hulle gaan op jou pis! Hulle gaan jou verkleineer, jou die moegoe maak, djou uitlag! As jy nie gaan study as die opportunity daar is nie of jy drop djou studies, jy kan opeindig as die een wat die pille moet gaan koop. As jy daai business wil start en jou goeters is mooi ge-plan, gaan vir dit. As djy vir daai job moet apply, doenit. As djy daai audition wil try, moenie baiza nie. Moet nie gaan stop en sit nie! Is jou lewe, niemand anners sinne nie. Is jou vision en jy moet die mission duidelik slat! Moenie gaan blom nie, cause blomme word nie geëet nie, vrugte word geëet. Djy sal niks van jou geblommery kry nie… Djy sal daar sit en daai selle honne sal djou verbyloop en net op jou urinate. Djy sal wish djy het eerder aangehou om te move, maar dan sallit te laat wees.Sê vir daai honne wat vi djou jag en blaf, daai honne wat djou van djou vision wil deter, daais wat djou wil laat flop, sê vir hulle hard en duidelik: VOETSEK!!! En move aan, move my Bra, move my Sizza!! Laat geen hone jou evva terughou nie. |
| Last Updated on Saturday, 06 February 2010 13:59 |




Man het mos honne innie rondte. Nou, honne het sekere maniere. Ek kyk hulle ma so en ek study hulle. En ek study ook mense. Toe relate ek ‘n sekere relation wat djy kan impose op honne en mense… en karre.
Cause djy sien, die minute djy gaan stop, weet djy wat gaan daai honne doen? Hulle gaan op jou pis! Hulle gaan jou verkleineer, jou die moegoe maak, djou uitlag! As jy nie gaan study as die opportunity daar is nie of jy drop djou studies, jy kan opeindig as die een wat die pille moet gaan koop. As jy daai business wil start en jou goeters is mooi ge-plan, gaan vir dit. As djy vir daai job moet apply, doenit. As djy daai audition wil try, moenie baiza nie. Moet nie gaan stop en sit nie! Is jou lewe, niemand anners sinne nie. Is jou vision en jy moet die mission duidelik slat! Moenie gaan blom nie, cause blomme word nie geëet nie, vrugte word geëet. Djy sal niks van jou geblommery kry nie… Djy sal daar sit en daai selle honne sal djou verbyloop en net op jou urinate. Djy sal wish djy het eerder aangehou om te move, maar dan sallit te laat wees.
Comments
RSS feed for comments to this post.