Matriek is irrelevant, as djy noggie weet nie!

Matriek is irrelevant, as djy noggie weet nie!

PDF Print E-mail
Thursday, 07 January 2010 09:39
Lank gelede was da daai phones wat jy op wind en daai gooi jy die meddie aanie annerkant djou nommer, nou is daar cell phones en internet...

Lank gelede was daar net bicycles om mee span toe te kon gaan en perdekarre, nou is daar treine en taxis en jou eie kar...

Lank gelede kon jou oupa of tannie maar met standerd 6 of 8 of matric 'n kwaai span kry en lekke geld verdien, nou is daar Affirmative Action...!

Paar jaar gelede het die Lannies jou as Kullid met matric nog soms meer prefer as 'n Darkie met 'n university degree, nou issit andersom...!!

Matric is nie 'n meal ticket na enigiets toe nie, sorry!
'n Qualification - certificate of degree - tel nou BAIE meer!!!

So, as jou tannie of oom of chommies of jyself dink jy't arrive met matric, SORRY!! Dinge het ge-change...!! Skrik wakker!! Jy het maar net by die stasie aangekom. Jy moet 'n behoorlike ticket kry om die train te kan ry...!! Matric gaan jou nie meer baie ver kan vattie!!

As jy ge-fail het, sorry, jy't nie ge-fail nie, want dit wassie 'n degree eksamen nie - dit was net 'n test, gaan skryf dit oor en kry dit en gaan haal dit wat NOU tel.

Moenie jouself verbeel nie. Matriek is irrelevant vir jou success. Is wat jy NA matric gaan kry wat sal tel.

Vra jou ma en pa of jou baas - as hulle eerlik is sal hulle jou die waarheid vertel...

Dinge het ge-change, of sien jy dit dannie self ookie...?

Moenie laat slaapie, moenie kak glo nie, moenie baiza nie!

Aweh!
Last Updated on Friday, 08 January 2010 18:10
 

Meet ons op anner pozzis

facebook_lg

twitter_lg

SABC_Petition

b4l_logo