'n Kunstige Kullid somme so doodgeskiet...

'n Kunstige Kullid somme so doodgeskiet...

E-mail
Tuesday, 08 December 2009 04:32

Ou Dr David Kramer het mos so paar jaar gelede afgegaan Beaufort Wes toe op soek na volkskunstenaars uit die geledere van onse mense. In fact, ou David is een wat mos onse mense se Afrikaanse liedjie al die jare heavy op die stage gesit het. Hy en oorlede Taliep was dik bras. Da meet hy mos vir Helena Nuweveld en toer saam met haar en anders en maak somme 'n CD - Karoo Kitaar Blues.

Nietemin, sorry om djulle te inform, maar die antie is nou dood. 'n Stupid fokken donner het vir haar en nog twee ander doodgeskiet na 'n argument op Saterdag.

Eish, daai is sad!

Ons het nie eens 'n radio station nie waar ons onse eie mense se musiek kan hoor nie, en nou word ikone wat onse musiek ken sommer soos honde doodgeskiet. Haai, hulle moet daai donner hang, kla! Of skiet hom ook dood, kla. Die nice wees van die Constitution werk nie. Even die gattas word dan nou vertel om eers te skiet en dan vrae te vra...

Is net nonsens dat ons in Mzansi so sag met moordenaars wil wees vir AL die jare... Destyds was dit apartheid wat moorde laat begaan het. Toe was dit gangsterism wat doodslag veroorsaak het. Nou is dit van te nice wil wees in onse democracy dat onse mense voor die voet doodgemaak word. Jislaaik, nee man, ons kannie so damn wil aangaan nie...!! Dit maak man mos somme moerig! 'n Lewe word deur God gegee, djy kannit NOOIT net wil loop sta en vat en en dan nog self wil lewe nie, behalwe as dit

Please register or login to read more...
Last Updated on Tuesday, 08 December 2009 23:56
 

Meet ons op anner pozzis

facebook_lg

twitter_lg

SABC_Petition

b4l_logo