- Error
Terreblanche, Malema, Kullids en die Bybel
Terreblanche, Malema, Kullids en die Bybel |
|
| Wednesday, 07 April 2010 09:42 |
|
Die moord het nie primêr geskied uit rassisme nie, want niemand word as ‘n rassis gebore nie – jy word dit aangeleer. Aan die anderkant word ‘n mens gebore in ‘n begunstigde of onbegunstigde posisie, veral in Suid-Afrika – jy het nie ‘n keuse daaroor nie. Wat grotendeels die Suid-Afrikaanse gemeenskap op hierdie stadium van onse geskiedenis dryf, is die lyne van ongelykheid wat oor soveel vlakke van onse landgemeenskap bestaan, wat sowel die makro as die mikro ekonomie insluit. Op baie plase word ‘n vergestrekte ongelykheid steeds baie sterk deur werkers ervaar. Waar ‘n boer dan wederregtelik die lone van sy werkers terughou of waar die vergoeding aan die werker neerkom op uitbuiting van die werker, en wanneer die boer daarby ook nog van ‘n ander ras is, bring dit noodwendig die vorming van ‘n rassistiese wereldsiening na vore. Die jong man wat vir Terreblanche doodgekap het sou dus eers aan sy eie vel ‘n onregverdige ongelykheid ervaar en tot die konklusie van rassisme kom en daaruit sou die moorddadigheid na vore kom. Was hy maar eenvoudig regverdig behandel en betaal, sou rassisme nie sy lewenssiening oorheers het nie en sou haat en moordslag heel waarskynlik nie sy dade oorheers het nie. Malema sing sy lied van haat of wraak op ‘n sekere gemeenskap. Waar die siening van die lied se onderliggende temas in die praktyk bewys word of waar daardie temas deur mense ervaar word, volg dit noodwendig dat mense die sentimente en oproepe van die lied sou begin ondersteun, al sou dit vir baie selfs net in hulle onderbewussyn die geval wees. Waar die belewenis van ‘n ongelyke werklikheid en die lied oor die handhawers van ongelykheid mekaar ontmoet, word rassisme daar gebore en daaruit spruit nie net haat nie, maar ook die vermoë tot moordslag. En dit kan terugkykende ge-ekstrapoleer word na die Franse Revolusie, die slawe opstande regdeur die geskiedenis, burgeroorloë en die rassewrywing in menige lande. Vooruitskouwend kan dit ook ekstrapoleer word. Die aanblaas en verdediging, sowel as die voortdurende skepping van al hoe groter ongelykhede tussen individue, gemeenskappe en groepe, skep noodwendige agterdog teen die bevoorregte deur die gemarginaliseerdes. Dit gaan oor in verdraaide rassesieninge jeens mekaar en kan dan uiting vind op die negatiewe wyses van die aanspreek van die daargestelde ongelyke stelsel, sisteme of ervaarde lewe – dikwels deur haat en moord.Menige groepe vanaf krotbuurtbewoners tot sekere kultuurgroepe, sowel as Kullids, begin hulself toenemend in die onbenydenswaardige posisie te vind waar ongelykhede al hoe meer aan die orde van hulle lewenservaring kom. Uit ‘n Bruin perspektief sien ons hoePlease register or login to read more... |
| Last Updated on Wednesday, 07 April 2010 11:08 |


Wat grotendeels die Suid-Afrikaanse gemeenskap op hierdie stadium van onse geskiedenis dryf, is die lyne van ongelykheid wat oor soveel vlakke van onse landgemeenskap bestaan, wat sowel die makro as die mikro ekonomie insluit. Op baie plase word ‘n vergestrekte ongelykheid steeds baie sterk deur werkers ervaar. Waar ‘n boer dan wederregtelik die lone van sy werkers terughou of waar die vergoeding aan die werker neerkom op uitbuiting van die werker, en wanneer die boer daarby ook nog van ‘n ander ras is, bring dit noodwendig die vorming van ‘n rassistiese wereldsiening na vore. Die jong man wat vir Terreblanche doodgekap het sou dus eers aan sy eie vel ‘n onregverdige ongelykheid ervaar en tot die konklusie van rassisme kom en daaruit sou die moorddadigheid na vore kom. Was hy maar eenvoudig regverdig behandel en betaal, sou rassisme nie sy lewenssiening oorheers het nie en sou haat en moordslag heel waarskynlik nie sy dade oorheers het nie.
Malema sing sy lied van haat of wraak op ‘n sekere gemeenskap. Waar die siening van die lied se onderliggende temas in die praktyk bewys word of waar daardie temas deur mense ervaar word, volg dit noodwendig dat mense die sentimente en oproepe van die lied sou begin ondersteun, al sou dit vir baie selfs net in hulle onderbewussyn die geval wees. Waar die belewenis van ‘n ongelyke werklikheid en die lied oor die handhawers van ongelykheid mekaar ontmoet, word rassisme daar gebore en daaruit spruit nie net haat nie, maar ook die vermoë tot moordslag. En dit kan terugkykende ge-ekstrapoleer word na die Franse Revolusie, die slawe opstande regdeur die geskiedenis, burgeroorloë en die rassewrywing in menige lande. Vooruitskouwend kan dit ook ekstrapoleer word. Die aanblaas en verdediging, sowel as die voortdurende skepping van al hoe groter ongelykhede tussen individue, gemeenskappe en groepe, skep noodwendige agterdog teen die bevoorregte deur die gemarginaliseerdes. Dit gaan oor in verdraaide rassesieninge jeens mekaar en kan dan uiting vind op die negatiewe wyses van die aanspreek van die daargestelde ongelyke stelsel, sisteme of ervaarde lewe – dikwels deur haat en moord.


